2019 was die derde jaar in ‘n ry wat Curro Kathu ‘n 100% matriek slaagsyfer gehad het.
65% van die 2019 se matriek leerders het geslaag met ‘n baccalaureus (universiteits vrystelling).
Aan elke begin van die jaar word ‘n matriek kamp gehou waar hulle doelwit stellings afgelê het. Elke 2019 matriek leerder het hul individuele mikpunte gestel, hul onderwysers het dit aangepas en so deurgegee na hoofkantoor. Hoofkantoor hersien hierdie mikpunte en gee deur wat hoofkantoor glo elke leerder kan bereik.
Deur die jaar word die leerders aan hulle doelwitte gemeet en hulp word aangebied, elke leerder word gehelp om hulle doelwitte te bereik. Volgens die Skoolhoof van Curro Kathu is dit een van die grootste redes hoekom Curro Kathu sukses behaal.
Mnr Slabbert se 2020, begin van die jaar, toespraak aan al die leerders was om hulle GPS te stel vir 2020 en indien daar ‘n afwyking is om spoedige “U-turn” te maak om seker te maak dat elke leerder op hulle doelwit pad bly. Hierdie uitslae plaas baie druk op 2020 se matriek leerders om te presteer.
















