
Foto: Die gholfspan van Hoërskool Kathu saam met ouers en personeellede, was op toer na Margate gedurende die Junie skoolvakansie. Die span het onder andere teen van die suidkus skole meegeding en ook die skole gemaklik gewen. Die span en skool bedank graag Glassfit, CT Hydrolics en Khumani myn vir die borg van die span se pragtige klere. Welgedaan aan die spelers asook hulle afrigters. Wat ’n voorreg was dit nie vir die klomp gholfers om see toe te kon toer nie.
















