Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Op 5 Februarie 2020 het Curro Kathu se Top 10 atlete aan die Curro Cup Athletics gaan deelneem te Johannesburg.

Die Curro Cup is ‘n eerste in sy soort vir Curro Holdings en wil die landskap van sport binne die Curro-groep skole vorm. Duisende leerders van Curro-skole regoor die land sal aan die nasionale interskole-byeenkomste deelneem vir rugby-sewes, sokker, netbal, hokkie, tennis, atletiek, swem, gholf en bergfietsry.

Om die grootte van die Curro Cup aan te toon, het daar ongeveer 620 atlete van 51 Curro-skole deelgeneem (Laerskole en Hoërskole).