Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Curro Kathu het die geleentheid gehad om die Gamagara Laerskool Atletiek byeenkom aan te bied. 

Op Vrydag 7 Februarie 2020 het tien skole aan hierdie uitdunne deelgeneem waarvan daar 500+ atlete en 80 beamptes uit die Gamagara distrik is. 

Curro Kathu het van hierdie geleentheid ook gebruik gemaak om tydens die byeenkom aan die gemeenskap terug te gee. Die Goue Gerwe het pannekoek gebak en verkoop. Dit het hulle in staat gestel om gelde in te samel vir hulle jaarlikse toer. 

Baie geluk aan die volgende atlete: Victor Ludorum – Jaydee Matthews vanaf Hotazel Laerskool en Victrix Ludorum – Elsje Coetsee vanaf Laerskool Kathu. 

Baie dankie aan die borge wat hierdie suksesvolle geleentheid moontlik gemaak het: Pick n Pay Kathu, Lenmed Kathu en Spur Kathu.