Laerskool Kathu het die afgelope naweek, 7 September 2019, hul Koor Showcase aangebied.
Hierdie enig-in-sy-soort koorkompetisie, is deur Johan C Venter, Petronelle Hindley en Sosho Maoto beoordeel en was ‘n groot sukses.
In die Junior afdeling het Laerskool Kathu in die finale rondte meegeding teen die koor van Laerskool Seodin, waar hul dan ook gewen het en sodoende die Junior Trofee verower het. In die Senior-kore afdeling het Laerskool Kathu meegeding teen Lareng Primary School van Kuruman en in ‘n naelbyt finaal het Laerskool Kathu die Senior kore Trofee losgesing.
Laerskool Kathu wil net baie dankie sê aan elke beoordelaar, ouer, ondersteuner en skool wat hierdie spoggeleentheid moontlik gemaak het.
















