Op 10 Februarie 2020 het Hoërskool Kathu en St Patrick’s CBC (Christian Brothers’ College) kragte gemeet.
Hoërskool Kathu kolf 1ste in die Noord-Kaap focus school final teen St Patrick’s CBC (Christian Brothers’ College) en teken 126/6 aan in 20 beurte met Roman Erasmus 32 en Darren Coetzee 22 as die beste kolwers.
CBC word uitgeboul vir 59. Darren Coetzee 2/15, Marno Coetzee 2/1 en Warren Joseph 4/19 as die beste boulers.
Kathu wen met 67 lopies en speel nou in die franchise finaal teen die Vrystaat wenner.
















