Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

 

Op 23 November 2018 het die graad 7’s van Laerskool Kathu volgens tradisie uitgeklok.

 

Elke leerder kry die kans om dieselfde klok te lui as wat hulle gelui het die dag toe hulle by Laerskool Kathu begin het. Die tieners het dit met ‘n blye hart aangepak, terwyl die ouers met ‘n seerder hart seer na hulle kinders gekyk en tien teen een gewonder het waarheen die tyd gevlieg het.

 

Aan die einde van die seremonie het hulle die tradisionele vaarwelliedjie gesing.

 

Die Kathu Gazette wens elke leerder sterkte en sukses toe met die volgende fase in hulle lewens maak die beste van elke geleentheid!