Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Op 11 Augustus 2018 het lede van Kalahari Mixed Martial Arts klubs aan die Diamond classic/Noord-Kaapproewe deelgeneem en uitstekend presteer.

Die kampioenskappe en proewe het in Kathu Burgersentrum plaasgevind met ‘n goeie opkoms van 124 inskrywings.

Alle lede wat deelgeneem en medaljes verower het kwalifiseer dus om die Noord-Kaaprovinsie tydens die NMA/ISKA SA kampioenskappe te verteenwoordig. Die SA kampioenskappe vind op 29/30 September 2018 te Stellenbosch plaas.

Baie geluk aan al die karatekas wat hulle so goed van hulle taak gekwyt het en alle sterkte vir die SA kampioenskappe.