Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Op 13 Augustus het die graad 12- leerders van Hoër- en Laerskool Olifantshoek toegang tot die skool verbied deur al die onderwysers se klaskamerdeure en ook al die skool se ingange met “danger tape” toe te span!

Hulle het die skool behoorlik op horings geneem en die stoepe asook klaskamers met meel bestrooi. Die skoolbanke is in die middel van elke klas gepak – glo om soos die Toring van Pisa te lyk! Elke klas is ook met ballonne versier en die onderwysers se tafels is bietjie herorganiseer.

In die personeelkamer moes die personeel behoorlik suutjies loop om nie ‘n ballon raak te trap nie, maar die personeel is darem nie net verontrief nie en het ‘n heerlike ete gekry om vir die ongerief op te maak.

Elkeen het ook ‘n klein geskenkie ontvang om die leerders te onthou. So is die 40 dae voordat die eindeksamen vir dié twee matrieks aanbreek, behoorlik gevier!!!