
Griekwaland-Wes Bisley Streekskampioenskap
Sishen Skietklub het die jaar weer die Griekwaland-Wes Bisley Streekskampioenskap aangebied vanaf 5 tot 7 November 2020.
64 Skuts van reg oor die land het ingeskryf aan die 2 dae kompetisie, wat meer kon gewees maar weens Covid-19 regulasies mag net 64 skuts geakkommodeer word. Sowat 14 skuts het vir die tyd van die kompetisie op die baan gekamp en ander skuts het van plaaslike gastehuise gebruik gemaak.
Die kompetisie was die grootste Bisley kompetisie wat nog ooit op Sishen Skietklub aangebied was. Skuts het dié jaar op elektroniese teikens geskiet, waar ‘n skut sy selfoon of tablet gebruik het om sy skoot en punt telling te vertoon. Dit was ook ‘n rekord met ‘n maksimum van 16 van die elektroniese, teikens wat gebruik was. Dit was nog die meeste elektroniese teikens wat nog ooit gebruik was in Suid-Afrika vir ‘n Bisley skietkompetisie.
Afstande wat geskiet was, was 300m, 600m, 800m en 900m. Die Protea oefengroep wat besig is met voorbereiding vir die 2023 wêreldbeker kampioenskap in Bloemfontein het dit ook bygewoon in opbou en voorbereiding vir die wêreldbeker weens die moeilikheidsgraad.
Die kamp was van groot waarde vir die groep skuts en hulle afrigters.
Die Vrydagaand het ‘n 800m nag gong skiet ook plaasgevind en 30 skuts het dit terdeë geniet, en skuts kon nie uitgepraat raak oor die nag skiet ondervinding nie.
Hierdie kompetisie is nou ‘n vasgestelde kompetisie wat weer volgende jaar die eerste naweek in November sal plaasvind.
Sishen Skietklub bedank graag hulle borge, Pick n Pay, Talisman en Nyati Supplies, wat gehelp het om dié naweek een reuse sukses te maak.
FOTO: Tydens die Griekwaland-Wes Bisley Streekskampioenskap wat aangebied is deur Sishen Skietklub.
















