
Op 10 November 2018 het 40 atlete van Kathu T&S klub gaan deelneem aan die Griekwaland-Wes Interprovinsionale byeenkoms in Kimberley.
Die provinsies wat teenwoordig was is, Griekwaland-Wes, Grens, Vrystaat en Noord-Wes.
Die Kathu T&S span bestaan uit leerders van Laerskool Kathu, Hoërskool Kathu en Curro Kathu. Hulle het ook ‘n paar veterane wat deelneem.
Die atlete het baie goed gedoen en twee van die Klub se lede, naamlik Arno Opperman (goud) en SP Griessel (silwer), het medaljes gewen.
Baie geluk aan al die atlete.
















