
Leerders van Hoërskool Kathu het aan die nasionale asook interprovinsiale krieket toernooie deelgeneem.
Christel van Rensburg is Hoërskool Kathu se eerste Noord-Kaap dogters o/19 speler. Hulle was Nelspruit toe vir die nasionale toernooi.
Die toernooie is het soos volg verloop: DP Swiegers en Eathen Smith was in die Noord-Kaap o/17 Plattelandspan wat in Durban aan die nasionale toernooi deelgeneem het.
Karabo Steenkamp en Stefan Brits was in die Noord-Kaap o/15B span wat in Sasolburg aan die interprovinsiale toernooi deelgeneem het.
Darren Coetzee was in die Noord-Kaap o/17A span wat in Port Elizabeth aan die nasionale toernooi deelgeneem het.
Marno Coetzee was in die o/15 span waar hy aangewys was as die beste bouler, tydens die nasionale o/15 toernooi in Oos-Londen. Hy het die 3de beste boulsyfers behaal.
















