Op 16 Oktober 2020 het die SVRL van Hoërskool Kathu ‘n spanbou naweek by Duin-In-Die-Weg gehad.
Die Vrydag is afgeskop met ‘n hindernisbaan. Uithouvermoë is getoets oor klimrame en deur modder.
Die Saterdag se snikhete hitte is op die Oranjerivier deurgebring met ‘n 10km roeisessie. Die naweek is afgesluit met ‘n potjiekos kompetisie.
Tydens die naweek is daar ook gestem vir die vier hoofleiers wat aangekondig is tydens ‘n funksie wat op 3 November 2020 gehou is: Voorsitter (hoofdogter) – Jana Gouws, Ondervoorsitter (hoofseun) – Cobus Solomon, Tesourier (onderhoofseun) – Matthew Holm en Sekretaris (onderhoofmeisie) – Jamey van Neel.
Die 2021 SVRL (Senior Verteenwoordigende Raad van Leerders) van Hoërskool Kathu is as volg; Seuns: Dioka Kgolagano, Cobus Solomon (Ondervoorsitter), DP Swiegers, Sybrand Brink, Van Zyl Erasmus, Andries Kuhn, Ludwe Mankayi, James Da Costa, Phemelo Mashome, Duncan Steenkamp en Matthew Holm (Tesourier). Dogters: Alicia Grobler, Jumari Groenewald, Timoné Fourie, Aphrodite Anagnostopoulos, Jana Gouws (Voorsitter), Zuré Cloete, Anika Gerber, Jamey Van Neel (Sekretaris), Kadine Isaacs, Ayanda Williams en Kylin Cloete.
Die kamp het die Hoërskool Kathu SVRL leerders beslis geleer van span en saamwerk.
FOTO: Agter vlnr: Dioka Kgolagano, Cobus Solomon (Ondervoorsitter), DP Swiegers, Sybrand Brink, Van Zyl Erasmus, Andries Kuhn, Ludwe Mankayi, James Da Costa, Phemelo Mashome, Duncan Steenkamp en Matthew Holm (Tesourier). Voor vlnr: Alicia Grobler, Jumari Groenewald, Timoné Fourie, Aphrodite Anagnostopoulos, Jana Gouws (Voorsitter), Zuré Cloete, Anika Gerber, Jamey Van Neel (Sekretaris), Kadine Isaacs, Ayanda Williams en Kylin Cloete.
FOTO: Hoofleiers vlnr: Jamey van Neel – Sekretaris, Jana Gouws – Voorsitter, Cobus Solomon – Ondervoorsitter en Matthew Holm – Tesourier.
FOTO: Vlnr: Jana Gouws – Voorsitter en Cobus Solomon – Ondervoorsitter.
FOTO: Tydens Hoërskool Kathu se SVRL spanbou naweek.
Video van spanbou naweek aangeheg
















