Hoërskool Upington vs Hoërskool Klerksdorp
Op 6 tot 7 Maart 2020 het Uppies aan Diamantveld se Sportdag deelgeneem en het alle spanne teen Hoërskool Klerksdorp meegeding.
Dit was ‘n harde naweek op die speelveld vir al ons rugby spanne, maar het die spelers hul goed van hul taak gekwyt om aan te hou speel tot die eindfluitjie geblaas is.
Hoërskool Upington se 1ste rugbyspan het ongelooflik vertoon met aanskoulike hardloop rugby wat die skare se oë op hul gevestig het, al was hul nie eens almal Uppies nie. Die 1ste span het oorwin met ‘n telling van 57-19.
















