Upington Dragons het op Saterdag 25 Januarie 2020 teen Uppies te staan gekom in hul eerste 50 beurt liga wedstryd van ZFM Krieket Sub Unie 2020 seisoen.
UPT Dragons het die lood gewen en gekies om eerste te kolf. In die eerste beurt het Dragons 146 aangeteken met ‘n gemiddelde van 4 lopies per boulbeurt. Kolwers wat uitgestaan het met die kolf was Llewellyn Olivier (Wally) met 30 lopies, Christo Freeman met 36 lopies en Brendan Julies met 22 lopies. UPT Dragons het baie goed begin met die 2de beurt en het paaltjies het op ‘n gereelde basis laat kantel. Op ‘n stadium was Uppies 44/4 na 6 beurte. Die wedstryd het onmiddellik gedraai in UPT Dragons se guns… die vennootskap van Theuns Kotze met 61 lopies en Ferdi Richter met 21*lopies het ongelukkig momentum weer laat draai in Uppies se guns en toegesien dat Uppies die wedstryd met 5 paaltjies wen.
Die boulers van UPT Dragons wat hul goed van hul taak gekwyt het was Brendan Julies met 3 paaltjies en die kaptein Granville De Wee met 1 paaltjie. UPT Dragons se speler van die wedstryd was Brendan Julies.
Die bestuur van Dragons wil ondersteuners bedank vir hul ondersteuning en vir H/S Upington vir die wedstryd, hoop ons sien mekaar in die semi finaal. UPT Dragons se volgende wedstryd sal Saterdag 01 Feb 2020 wees in Keimoes teen Keimoes Tigers, en beloof om ‘n goeie wedstryd te wees soos altyd. Dragons wil graag hul borge bedank vir die borgskape ontvang nl. Intertekens (Cilliers) vir die mooi T-Hemde en Willy’s Ice (Willfred Engelbrecht).
















