Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Die eerste liggaamsbou-skou, wat in 1891 plaasgevind het en as ‘The Great Show’ beskou is, is ontwikkel en bevorder deur niemand anders as die groot Eugene Sandow nie.

Soos die geleentheid van liggaamsbou toegeneem het met, gereelde vertonings en optredes in Europa en Amerika, besluit Sandow (34), na drie jaar van beplanning, dat die tyd reg is.

Op Saterdag 14 September 1901 was die Engelse Royal Albert Hall propvol toeskouers en deelnemers. Sandow het daarin geslaag om die toeskouers waarde vir hul geld te gee, en het verskillende atletiekvertonings as ‘n vorm van voor-kompetisie-vermaak aangebied.

Die beoordelingskriteria was streng, Sandow was op soek na simmetries eweredige ontwikkeling – eienskappe wat volgens baie kenners van liggaamsbou deesdae oor die hoofgesien word.

Na hierdie kompetisie het liggaamsboukultuur al hoe meer versprei.

Een van die liggaamsbou-skou deelnemers van Kathu, Jonell Janse van Rensburg, deel met die Kathu Gazette wat dit werklik is om ‘n liggaamsbouer in die moderne lewe te wees: “Bodybuilding is ‘n sport wat jy nie sal verstaan tot dat jy dit self doen of deel is van die geleenthede nie.

Bodybuilding leer vir mens so baie selfbeheersing. Jy moet elke dag vir jouself sê “eet al jou etes”, “drink al jou water” en “moenie gym oorslaan teensy jy nie by die dood omdraai nie”.

Een van die lekkerste dinge van die sport is dat die atlete net kompeterend op die verhoog is. Dis ‘n fees agter die skerms.

Net soos dis ‘n uitdaging is om al die bogenoemde te doen, is dit ook belangrik om na jou geestestoestand te kyk en jouself te motiveer.

Elke atleet wat op daardie verhoog klim berei vir tussen 12 na 16 weke voor vir daardie 5 minute op die verhoog. Elke atleet het ‘n spesifieke dieet wat hy/sy volg om die stadium te bereik vir ‘n spesifieke kategorie. Die atlete oefen tussen 2 na 3 ure ‘n dag. Dan is dit nog poserings rotines wat elke dag geoefen word om seker te maak jy vertoon jou beste volgends die kriteria. Elke atleet werk hard om te kom waar hy moet en veg vir daardie een geleentheid om naam te maak.

Die laaste week is verseker die moeilikste en die belangrikste vir jou voorkoms want jy neem enorme hoeveelhede water in en jou dieet raak meer streng en harder om daardie “peak” te bereik en genoeg water uit die liggaam te verloor. Maar dis alles 100% die moeite werd as jy op daardie verhoog staan en kan wys hoe hard jy gewerk het en dit ten volle kan geniet.

“As jy op daardie verhoog staan is dit verseker al die opofferings en bloed en sweet en trane werd”, sê Jonell.

Die volgende vertoning in Kathu is op 25 April 2020. Vir enige navra oor IFBB Athletes Kathu kontak Ronelle – 072 568 7581 of Suzette – 072 124 2338.