Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Op Vrydag, 16 Augustus 2019 het Rietfontein Gekombineerde Skool sy jaarlikse loopbaandag gehou.

Graad 9 tot 12 was betrokke. Die fokus van die dag was om die graad 9 leerders aan die wệreld van werk bekend te stel en omdat die groep later vanjaar ‘n gewigtige besluit moet neem wanneer hulle vakkeuses moet maak wat hul toekoms gaan bepaal.

Andersyds het die uitstallers ook advies en ‘n motiveringspraatjie vir die graad 12 leerders gegee. Die skoolgemeenskap waardeer die bemoeienis en opofferings van die instansies by die skool se leerders.

Die volgende uitstallers het die skool besoek: Henriёta Stockdale – Verplegingskollege, Die Brandweer, Die Universiteit van Tegnologie Vaaldriehoek, Departement Toerisme, Die Korrektiewe Dienste en Die Sentrum vir Entrepreneurskap.