
KATHU / KURUMAN
Januarie se fotografie-kompetisie
Die wenners van die drie verskillende afdelings in Kathu en Kuruman Fotografieklub se maandkompetisie is op Donderdag 11 Februarie 2021 bekendgemaak op dié klub se Facebook-groep.
Die wenners is as volg: Leandri Ludik (Junior-afdeling), Belinda Nel (Selfoon-afdeling) en Anton Grobler (Senior-afdeling). Die klub gaan vanjaar veral daarop fokus om Adobe Photoshop behoorlik onder die knie te kry en begin op 20 Februarie 2021 met ‘n Photoshop-opleidingsdag. Dit beloof om uiters leersaam te wees.
FOTO1: Wenner van die selfoon afdeling, Belinda Nel.
FOTO2: Wenner van die Junior afdeling, Leandri Ludik.
FOTO3: Wenner van die Senior afdeling, Anton Grobler.
















