
Baie dankie aan Just Property wat 6 spanne se rugby truie van Laerskool Kathu geborg het.
Die seuns is baie trotse spelers en opgewonde om in hulle nuwe truie uit te draf en daarin te speel by die sportdag van Laerskool Kathu wat op 1 Junie 2019 plaasgevind het.
FOTO: Van die truie wat geborg is deur Just Property aan die rugbyspanne van Laerskool Kathu.
















