Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Karoo-ope 

Die Karoo-ope Gholf Toernooi is op 7 November 2020 te Upington gespeel en vorm een van Noord-Kaap se meriete toernooie. 

 77 van Noord-Kaap se beste spelers het deelgeneem aan die toernooi. Jano het algeheel 2de gekom en was die beste junior speler van die toernooi. PA Karsten was 41ste en die 3de beste junior, beide leerders is van Hoërskool Upington.

 Baie geluk julle twee en sterkte met jul gholf loopbaan.

 FOTO1: Jano Malan en PA Karsten presteer tydens die Karoo-ope.

FOTO2: Noord-Kaap gholf se president, Francois Mulder, oorhandig ‘n prys aan Jano.