Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Kathu Boeksentrum nog steeds relevant na 40 jaar

Kathu Boeksentrum skuif na 40 jaar, van uitnemende diens aan Kathu en omgewing en open op 3 Desember 2020 in ‘n pragtige nuwe winkel, met ‘n mooi nuwe en moderne aanslag, in die Heritage Mall met die bekende Pieter Ras aan die stuur van sake.

Die besigheid en sy eienaar is alombekend vir vriendelike diens aan die publiek met betrekking tot skryfbehoeftes, kantoormeubels, soos kantoorstoele lessenaars, projektors, witborde asook terug-skool-toe aankope vir die verskeie grade soos voorgeskryf deur die onderskeie skole. Geen versoek is te groot of te klein nie, want na 40 jaar in die bedryf weet hy en sy personeel net wat die beste is.

Besoek gerus winkel nommer 9 en vergewis uself wat daar alles beskikbaar is in die mooi nuwe winkel.

 

FOTO1: Mnr Pieter Ras voor sy winkel, Kathu Boeksentrum, by die ou perseel.

FOTO2: Mnr Pieter Ras voor sy winkel, Kathu Boeksentrum, met ‘n moderner aanslag in die Heritage Mall.