Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

ñ Groot hoeveelheid inwoners van Kathu het op Sondag 25 Oktober 2020 ‘n vreedsame rit in konvooi deur die strate van Kathu onderneem met hul motors, bakkies en motorfietse om hul misnoë ten opsigte van plaasmoorde in Suid-Afrika te kenne te gee. Die geleentheid is gereël deur Rhino Sekuriteit van Kathu ter nagedagtenis aan Swart Maandag wat op 31 Oktober 2017 landwyd gehou is in protes teen die moord op boere.  By Hugenotepark is daar byeengekom  vir ‘n geestelike boodskap van bemoediging. Net die vorige week, op Saterdag 17 Oktober 2020, het baie mense van Kathu en omliggende dele daar ‘n kruisplanting geleentheid gehou ter nagedagtenis aan boere wie hul lewens verloor het. Dié oor-wegend wit kruise staan nou nog daar as getuies van die gruweldade wat op boere uitgevoer word. ‘n Klompie duiwe is toe vrygelaat as ‘n simbool van vrede. Soortgelyke byeenkomste is ook op ander dorpe in Suid-Afrika gehou.