Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Tydens die openbare verhore oor die wysiging van Artikel 25 van die land se grondwet wat handel oor eiendomsreg het ‘n kommitee na Mothibistad, Kuruman gegaan op Vrydag 29 Junie 2018.

Volgens Alec Jacobs, die Distrikswoorvoerder van die Khoisan Revolusie, het die Khoisan Revolusie van Olifantshoek het gesê hulle gaan nie die wetgewing steun om Arikel 25 van die land se grondwet te verander nie.

Volgens hulle is daar is baie jongmense wat nog nie verstaan waaroor dit gaan nie, Hulle ken nie die geskiedenis nie. Hulle gaan maar op hoorsê van wat die ouers gesê het. Hulle het van die grondkwessie te hore gekom, nou sê hulle dat die grond aan die swartmense behoort wat onwaar is.

Die vraag is nou aan wie behoort die grond ? Wie was die eerste mense van die land ?

Die Khoisan Revolusie kommiteelede wat die verhore bygewoon het is Trooi Van Wyk – Voorsitter, Lizna Jacobs – Sekretaris, Jan Lourens – geskiedenisaktivis van die Khoisan en Jaco van Rensburg. Jaco is ‘n plaasbestuurder naby Olifantshoek wat deur ‘n Nama-vrou geborsvoed en grootgemaak is en vlot kan Nama praat – al is hy wit.

Mnr Jacobs sê dat voor 1652 was die Khoi en die San die eerste mense van die land. Selfs die witmense was hier voor die swartmense hulle hier kom vestig het in Suid Afrika in 1770. Nou sê die EFF en die ANC dat die witmense die land by hulle afgevat het. Dit is onwaar, sê Mnr Jacobs.

Die geskiedenis spreek boekdele. Daar is bespiegelings dat hulle Hoofman Toto hier gebly het in Kathu, Deben en Olifantshoek vanaf 1820, maar volgens geskiedenis het die Koranas, die Griekwas, en die Khoi-Khoi hier in die Langeberg en Koranaberg gebly vanaf 1670. Hoofman Toto het wel van Kuruman afgekom en die Khoisan het hom hier kom herberg. Nou wie is die wettige eienaars ?

Niemand sal ons geskiedenis en ons land kom steel nie. Ons as die Khoisan Revolusie sê dis opstaantyd, het Mnr Jacobs gesê.

 

Deur Alec Jacobs (Distrik woorvoerder van die Khoisan Revolusie)

Email : alecjacobs@yahoo.co.za

Cell: 078 792 0234