
Kleurvolle Lentedag
Pikkie Pret het op 1 en 2 September 2020 lente gevier en die skool en maats was vrolik getooi.
Die koue kon nie ‘n demper op Pikkie Pret se kleuters plaas nie, hulle was vol Lente gees.
Die dag is nog meer spesiaal gemaak met plantjies wat die maats aan hulle skool geskenk het. Al die maats het aan heerlike kolwyntjies gesmul om die lente by Pikkie Pret te verwelkom!
Dankie aan al die maats wat so mooi gelyk het en aan hulle ouers vir die ondersteuning. Baie dankie Juffrou Andrea Williams vir die skool se mooi Lente baadjie.
















