Nege van Laerskool Assmang se atlete het op 7 September 2019 aan die Nasionale Landloop Kampioenskappe te Centurion, Pretoria deelgeneem.
Alhoewel die kompetisie baie straf was het ons leerders volhard en die wedloop voltooi. Elkeen was met ‘n medalje beloon. Hierdie eens-in-‘n-leeftyd geleentheid sou nie ‘n werlikheid vir ons leerders wees as dit nie vir die verskeie donateurs uit ons gemeenskap was nie.
Dus wil Laerskool Assmang van hierdie geleentheid gebruik maak om innige dank en waardering oor die volgende instansies spreek: Jimbo’s, Jasper Solar Trust, Sizanane Holdings, Saverite, Visual Projects and Constructions Sigougou Trading.
Dit is voorwaar ‘n plesier om te weet dat daar soveel Samaritane in die Postmasburg gemeenskap is.
















