Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Laerskool Kathu se o/11 en o/13 krieket seuns het op 23 en 24 Augustus 2019 aan die Local Choice 6-a-side Krieket toernooi by Laerskool Seodin deelgeneem.

Oor die twee dae was daar goeie krieket gespeel deur die o/11 en o/13 seuns. Laerskool Kathu het twee o/11 en twee o/13 spanne ingeskryf vir die toernooi.

Kathu o/11B groep eindig 10de en Kathu o/13B groep eindig 8ste uit die 12 spanne.

Kathu se o/11 en o/13 se A-groepe dring deur na die semi-finale. Kathu o/11A speel teen Op die Voorpos en verloor ongelukkig met 4 balle. Kathu o/13A speel teen Seodin 1 en wen hulle en dring deur na die finale waar hulle teen Oranje-Noord in finaal speel. Op die einde was Laerskool Kathu o/13’s te goed en wen vir LON met 26 lopies en wen so die Local Choice 6-a-side toernooi vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar.

By die prysuitdeling ontvang Damian Smith die trofee vir die beste kolwer vir o/11’s en Laerskool Kathu se 1ste groep o/13’s ontvang die trofee.

Baie geluk aan die Laerskool Kathu se krieket seuns.