Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Seeff, met hul sakpas eiendomspryse, het weereen bewys dat hulle ‘n ‘Anker vir die gemeenskap’ is met hul gewillige ondersteuning tydens Laerskool Kathu se Hokkiedag gehou op Saterdag, 24 Augustus 2019.

Hulle het hande gevat met Tijdloos en was verantwoordelik vir die skenking van promosiemateriaal en pragtige hokkiehemde vir al die afrigters en A-spanne. Seeff en Tijdloos het werklik hierdie geleentheid omskep in ‘n ‘tydlose bijzondere’ ervaring.

The Crazy Store verkoop nie net opvoedkundige speelgoed vir kinders regoor die land teen randrekpryse nie, hulle het ook voelers uigesteek tydens Laerskool Kathu se jaarlike Hokkiedag. Die o/13B hokkiespan was so trots soos dassies met hul nuut geborgde hemde vanaf The Crazy Store.

Kalahari Country Club se dik gepakte boomblare het gewaai in Laerskool Kathu se rigting met ‘n fantastiese borg van Gholfhempies aan die o/11B hokkiespan. Die span sal verseker die hemde met trots dra.

Die moderne pizza het sy oorsprong in die Suid-Italiaanse hawestad, Napels, maar intussen het Panarottis van die heerlikste moderne variasies en verskeidenhede na Laerskool Kathu se Hokkiedag gebring in die dorp se eerste draagbare Pizza-oond. Elke ‘speelster van ‘n wedstryd’ het ook weggestap met ‘n gratis koopbewys.

Die Laerskool Kathu wil graag die volgende borge van die jaarlikse Hokkiedag bedank: Seeff, Tijdloos, Kalahari Country Club, Crazy Store, Buco, Spur, Panarottis, Mugg & Bean en Lenmed.

 

FOTO: Die Laerskool Kathu se o/13A Hokkiespan met die hemde wat deur Seeff en Tijdloos geborg is.

FOTO: Die Laerskool Kathu se o/11A Hokkiespan met die hemde wat deur Seeff en Tijdloos geborg is.

FOTO: Die Laerskool Kathu se o/9A Hokkiespan met die hemde wat deur Seeff en Tijdloos geborg is.

FOTO: Die Laerskool Kathu se o/13B Hokkiespan met die hemde wat deur The Crazy Store geborg is.

FOTO: Die Laerskool Kathu se o/11B Hokkiespan met die hemde wat deur Kalahari Country Club geborg is.