
Die afgelope naweek, 1 Junie 2019, het Laerskool Kathu hul jaarlikse Mini-Sportdag gehou.
Die o/7, o/8 en o/9 rugby- en netbalspanne het teen ses ander skole meegeding. Op ‘n lieflike herfs-oggend het vrolike en entoesiastiese gesiggies sowat 800 sterk, hulself uitgeleef op die velde en bane, met baie ondersteuning van hul ouers.
Laerskool Kathu bedank elke skool en ouer wat hierdie dag ondersteun het en sien uit om volgende jaar voort te bou op hierdie suksesvolle dag.
Hierdie geleentheid sou nie moontlik gewees het sonder die borge en kan ook nie anders as om baie dankie te sê nie. Dae soos dié is net nie moontlik sonder die bydrae nie en daarom bedank ons graag vir Moolmans, Just Property, Pick n Pay asook Itec.
















