Laerskool Kathu het onlangs hul jaarlikse sokkertoernooi aangebied waar tien o/14 sokkerspanne van die JTG streek deelgeneem het.
Die toernooi was ‘n groot sukses met Laerskool Kathu wat dan ook die toernooi gewen het. Die top 4 spanne vir die toernooi was Laerskool Kathu 1ste, Noord-Kaap 2de, Wildeklawer Akademie 3de en Lime-Acres 4de.
Baie dankie aan die borge: Buildit, Moolmans, Lenmed en Panarottis wat die dag moontlik gemaak het.
FOTO: Laerskool Kathu the sokkerspan wat die toernooi gewen het.
















