Lede van Kathu perdeklub stig ‘n nuwe sportdissipline
Kathu Western Mounted Games – ‘n aksiebelaaide perdesport wat perd en ruiter tot die uiterste beproef.
Upington Western Mounted Games het op Saterdag 23 Januarie 2021 besoek afgelê te Kathu Perdeklub. Opleiding is gegee en lede sien baie uit om die sport te beoefen.
Die eerste “Quilifier” vind plaas in Upington op 13 en 14 Maart 2020. Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Sonja Mostert by 073 149 2212.
FOTO: ‘n Kollage van die aksiebelaaide perdesport te Kathu Perdeklub.















