
Thato Makape van Postmasburg het deur al die uitdunrondtes van IDOLS 2018 homself bewys en is eindelik op 11 November 2018 deur na die finale rondte, toe die derde deelnemer uitgeskakel is.
Die program was op DSTV kanaal 161 om 17:00 gebeeldsend. Postmasburgers het vasgenael gesit en was in die wolke na die aankondiging gemaak is.
Die finaal sal volgende Sondagaand, 18 November gewys word – en die wenner sal dan sy oomblik van glorie ervaar.
Ons het vertroue in Thato wat so ontspanne sy ding op die verhoog doen – duime word vasgehou.
















