Atlete van Hotazel Kollege het op Saterdag 15 Februarie 2020 gaan deelneem aan die Top 20 Atletiekbyeenkoms in Hartswater.
Hulle het teen 23 skole deelgeneem. Die volgende leerders het medaljes ontvang: Fezile Moremi ‘n bronsmedalje vir seuns o/17 in 800m, Chanice van der Merwe ‘n silwermedalje vir dogters o/15 in 800m en Jason Horne ‘n goue medalje vir seuns o/17 in verspring.
Hotazel Kollege: “Ons is baie trots op hierdie atlete en wens hulle baie sterkte toe.”
















