Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Na aanleiding van boubedrywighede op erwe 3490 en 3815 geleë op die hoek van Kameeldoring- en Brakdo-ringstraat in Fase 1, Kathu, is daar navraag gedoen by die stadsbeplanningsafdeling van die Gamagara munisipaliteit in Kathu.
Volgens bouregulasies word sekere erwe as parke gebruik, maar die erwe is inder-daad gesoneer as Residensieel 1 volgens die dorpsbeplanningskema.  
Daar mag slegs een woonhuis per erf ge-bou word en geen ander gebruike word toe-gelaat sonder toestemming nie. ‘n Resi-densiële 1 erf mag wel vir ‘n kleuterskool gebruik word, maar slegs met toestemming van die Gamagara munisipaliteit en slegs ná publieke deelname waar al die naas-liggende inwoners ingestem het.
Daar word verstaan dat die betrokke erwe gebruik gaan word vir ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes. Vir so ‘n skool sal  die erwe egter gehersoneer moet word na Institusioneel toe. Hierdie proses vereis ook publieke deelname en alle naaslig-gende inwoners moet geraadpleeg word en indien daar enige besware is met betrek-king tot die hersoneringsaansoek, moet die aansoek verwys word na ‘n tribunaal. As naasliggende eienaars sou hulle bewus ge-wees het van so ‘n aansoek.
Bo en behalwe die stadsbeplanningsaan-soek, moet terreinplanne en bouplanne vir so ‘n skool ook ingedien word vir goedkeur-ing by die plaaslike munisipaliteit. Die ter-reinplan moet aandui dat boulyne geres-pekteer word. Elke erf het beplaalde bou-lyne spesifiek om munisipale dienste te ak-kommodeer, soos byvoorbeeld rioolpype, stormwater, huishoudelike water en krag.  Geen strukture mag op die dienste gebou word nie en afhangend van die aard van die dienste, kan geen tydelike strukture op se-kere dienslyne geplaas word nie, so mag geen tydelike strukture bo-op ‘n inspeksie-gat van ‘n riool geplaas word nie.
Indien ‘n skool op die eiendom bedryf gaan word, moet die eienaar verder ook by die Departement van Sosiale Ontwikkeling aansoek doen vir die skool. Daar is duide-like riglyne in die Schools Infrastructure Act wat nagekom moet word.
Tans word daar reeds tydelike strukture op die terrein geplaas. Geen inwoners in die gebied is geken daarin nie. Vir konstruk-sie doeleindes, mag tydelike toilette op ‘n perseel geplaas word. Die probleem is met die beoogde gebruik, en veral omdat dit vir die doeleindes van ‘n skool is, vir die ge-bruik van kinders.
Stadsbeplanning by Gamagara munisi-paliteit het dit duidelik gestel dat onwettige gebruike nie geduld sal word nie en dat hul-le die eienaar kan beboet. Die beoogde skool is ‘n Impak Sentrum H5384, en daarom sal die Impak groep onmiddellik in-gelig word.  
Na aanleiding van bogenoemde inligting en die ondersoek wat gedoen is, vertrou in-woners dat die regte stappe geneem sal word.