Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Modehuis skep platform vir plaaslike ontwerpers

Edward Smit

 

Die IDE Modehuis, wat eers net ‘n idee was van ‘n model van Kuruman, het hierdie jaar hul tweede suksesvolle modeskou in Olifantshoek aangebied, waar plaaslike ontwerpers hul handewerk kon ten toon stel.

Nedien Andrews van Kuruman het reeds haar merk gemaak as model op verskeie provinsiale en nasionale modeplatforms en besluit om terug te ploeg in haar gemeenskap.

Die IDE handelsmerk het die afgelope paar jaar soos ‘n veldbrand versprei na dorpe soos Kathu, Postmasburg, Olifantshoek, Kuruman en ook uitgebrei na Namakwaland. Nedien het haar kennis van die mode-industrie begin deel met jongmense wat belangstel in mode en ontwerp en intussen modelle gelewer wat internaionaal deelneem. Van haar modelle het ook hul eie skoonheidsalonne en klerereekse begin wat werksgeleenthede bied vir jongmense.

Ontdanks die uitdagings van die grendelstaat, het IDE op Saterdag 31 Oktober 2020 ‘n modeskou aangebied by ‘n bekende gasteplaas. Quinton Itweleng van Postmasburg het ook sy klerereeks, Sk’a Nyatsa Mo Kasi, bekend gestel wat groot opgang maak onder veral jongmense. Die kreatiewe Neo Bosman van Kuruman het ook sy kralewerk, Jackal Streetwear ZA, bekend gestel wat die modelle gedra het. Larney Saal van Postmasburg, wat ook onlangs ‘n suksesvolle klerereeks,The Suit Master, begin het en wat landswyd haar reeks verskaf, ondersteun vir Nedien om die IDE Modehuis in verskeie dorpe te laat groei. Tamryn Arendse van Port Nolloth, wat opgang maak as model, het ook die modeskou bygewoon saam met haar fotograaf Blaine Young.

Alhoewel IDE Modehuis nog in die groeistadium is, kan Nedien trots terugkyk na verskeie modelle wat reeds op internsionale vlak begin meeding het.

Nedien is ook ‘n jeugpastoor verbonde aan die AGS Kandelaar gemeente in Kuruman en word as ‘n rolmodel in haar gemeenskap beskou vir haar opheffingswerk met mode as konsep.