Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Die 9de Krieket fees het die naweek van 16 en 17 Augustus 2019 plaasgevind.

Spanne het deelgeneem: Laerskool Seodien, Kathu – wat 2 spanne gebring het-, Vooruitsig, Oranje-Noord, Op die Voorpos en Kuruman Eye Warriors van Kuruman.

Die fees het afgeskop met 25 boulbeurt wedstryde op velde regoor die dorp: by Uppies, Kollege en 8SAI.

Vrydagaand is gewoonlik die dag se hoogtepunt, waar spelers onder ligte kan speel by Uppies. 10 Boulbeurte is toegelaat en uiters goeie krieket is gespeel. MTN/URB en Intertekens het vir alle spelers ‘n feeshemp en waterbottels gegee vir die fees. Die beamptes het baadjies ontvang, met komplimente van MTN/URB en Intertekens.

Pryswenners is aankondig deur die afrigters van al die spanne: Beste kolwer SW van Heerden (Seodien), Beste bouler Sylvester Hoffman (Op die Voorpos), Beste veldwerker Ethan van Zyl (Oranje-Noord), Beste vangskoot Malan Lubbe (Seodien), Grootste 6 is gegee aan Lohantle Maseko (Kathu), Beste paaltjiewagter was Darryl Swarts (op die Voorpos).

Groot pryse, vanaf selfone tot tablette wat deur MTN/URB geborg is, is weggegee, ‘n besonderse voorreg vir die seuns om sulke pryse by ‘n fees te kan verower.

Saterdag het die spanne 40 boulbeurte wedstryde gespeel.

Hoërskool Upington wil graag vir alle spanne wat ver gery het, baie dankie sê dat hulle die moeite gedoen het om die fees by te woon. Sonder borgskappe en hulp van ons gemeenskap sal dit nie moontlik wees om sulke spoggeleenthede te kan aanbied nie. Volgende jaar is dit die fees se 10de herdenking en dit beloof om ‘n grote te wees.