
Boeta het baie jare terug by Sishen Gholfklub as baljoggie begin.
Hy was ook die baljoggie van Theunis Spangenbergm, die direkteur van Sishen Gholfklub, tydens die Sunshinetoer aan die begin van Spangenberg se loopbaan in 2005 – 2006.
Boeta het stelselmatig self begin gholf speel en is tans die Gholfklub se klubkampioen en verteenwoordig ook die klub in die Noord-Kaap Plattelandspan.
Nádat Boeta se pos by sy werk vesnoei is, het die Kalahari Country Club dit goedgedink om aan hom dié geleentheid te vied om sy eie besigheid te begin. Sy werk is om die driving range in ‘n goeie toestand te hou en te sorg dat daar altyd nuwe balle tot spelers se beskikking sal wees. Boeta kon intussen ook iemand aanstel om hom te help ten alle tye te sorg dat die gholfballe beskikbaar, skoon en op hulle plek is.
















