Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

NCASA Sprints Gala

Op 21 en 22 Februarie 2020 het 12 Laerskool Kathu leerlinge deelgeneem aan die jaarlikse NCASA Sprints Gala te Upington.

Hierdie leerders het hulle almal goed van hulle taak gekwyt en bygedra om Kalahari Aquatics algeheel 2de te laat eindig na afloop van die Gala.

Daar is tans ook 3 van hierdie swemmers wat in van hulle items en ouderdomsgroepe in die top 20 op Swem SA se ranglys lê, tot so hoog soos 2de.

Die volgende swemmers het uitstekende prestasies behaal: Mienke Pretorius – 2 x goud, 1 x silwer, 1 x brons en die Trofee vir Beste o/8 Dogter. Zian Shepherd – 8 x silwer, 2 x brons. Tiaan le Roux – 6 x brons. Ayden Eilerd – 1 x brons.

Die ander swemmers wat deelgeneem het was: Heinrich Pretorius, Elri van Vuuren, Kimberley Strong, Tiffany Prins, Thlago Moagi, Sian Kleynhans, Marine Pretorius en Monique le Roux.