Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Noord-Kaap Atletiekkampioenskappe

Laerskool Kathu se atlete presteer uitstekend by Noord-Kaap Atletiekkampioenskappe.

Die volgende leerders het op 7 Maart 2020 in Upington gaan deelneem aan die Kampioenskappe en het hul uitstekend van hul taak gekwyt: Z Barnard, A Venter (silwer in hekkies 70m dogters o/10), J van Zyl (brons in hekkies 70m dogters o/11), F Kasper (goud in hoogspring meisies o/11), A van Rensburg, E Coetsee (goud 100m dogters, silwer gewigstoot dogters o/11), M Saayman, R Jordaan (silwer gewigstoot seuns o/11), K Mathys, K Oktober, L Green, C Booysen (brons in gewigstoot en skyfwerp seuns o/13), G Julie, J. Khün, E Theron, B van Wyk (silwer in 100m en 150m seuns o/12).

E Coetsee, F Kasper en B van Wyk het ook gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te gaan deelneem, wat later die vakansie in Bloemfontein gaan plaasvind. Laerskool Kathu is baie trots op al ons leerders en wens hierdie drie alle voorspoed toe.