Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Die volgende leerders van Hoërskool Upington het vanaf 23 tot 25 Januarie 2020 aan die Noord-Kaap tennisproewe in Kimberley deelgeneem.

Die leerders het as volg geëindig op die ranglys in hul onderskeie ouderdomsgroepe: Seuns o/14 – Braam van Niekerk (2de), Nico van der Westhuizen (7de), Dappie van der Ryst (12de). Dogters o/15 – Zea Botma (7de). Seuns o/15 – PA Karsten (3de). Hercules Hudson het ongelukkig onttrek op die 2de dag weens ʼn besering. Dogters o/16 – Janneke Engels (2de), Bea Engelbrecht (8ste). Dogters o/17 – Jana Nel (4de). Seuns o/17 – Stefan Joubert (3de), Geo Engelbrecht (5de), Awie van der Westhuizen (7de). Dogters o/19 – Berna Kilian (1ste), Nina Slabbert (7de).

Berna Kilian en PA Karsten gaan vanaf 9 tot 13 April 2020 in Pretoria aan die Interpro deelneem, waar hulle teen al die ander provinsies speel. Baie sterkte en geluk aan elke Uppie.

 

FOTO: Vlnr Agter: Stefan Joubert, Geo Engelbrecht, Awie van der Westhuizen, PA Karsten en Berna Kilian. Vlnr Middel: Bea Engelbrecht, Jana Nel, Janneke Engels, Nina Slabbert en Zea Botma. Vlnr Voor: Nico van der Westhuizen, Braam van Niekerk en Dappie van der Ryst.