Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Op 31 Augustus 2019 en 1 September 2019 het die o/19 Cricket Festival plaasgevind. Uitslae is as volg:

Vrydag, 30 Augustus 2019: Hoërskool Kathu vs Curro Hazeldean – Kathu kolf 1ste en teken 164/5 aan in 25 beurte. Darren Coetzee 50, DP Swiegers 33 as beste kolwers. Curro Hazeldean word uitgehaal vir 79 – Warren Joseph 3/25, Eathen Smith 3/8, DP Swiegers 2/10 as beste boulers. Hoërskool Kathu wen met 85 lopies.

Saterdag, 31 Augustus 2019, Hoërskool Kathu teen Christian Brothers College: Hoërskool Kathu kolf 1ste – 153 met Grant Titus 24 en Roman Erasmus 27 beste kolwers. CBC word uitgehaal vir 79. Marno Coetzee 4/15, DP Swiegers 2/12, Eathen Smith 2/14 as beste boulers. Hoërskool Kathu wen met 75 lopies.

Sondag, 1 September 2019, Hoërskool Kathu teen John Taolo Gaetsewe: Hoërskool Kathu kolf 1ste en teken 150/4 aan in 20 beurte. Roman Erasmus 34, Marno Coetzee 26, Ashrill Oor 23 as beste kolwers. JTG teken 74 aan – Darren Coetzee 3/13, Roman Erasmus 3/4 en Warren Joseph 2/9 as beste boulers. Hoërskool Kathu wen met 76 lopies.

Hoërskool Kathu was aangewys as die span van die toernooi.