Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Onderwyser tree af:  Mnr Johannes de Vries oftewel Broertjie de Vries het na 32 jaar in die onderwys op 30 April 2019 halt geroep.  Op ‘n afskeidsgeselligheid het die personeel hulde gebring aan hierdie deurwinterde onderwyser. Hy het ook die winde van verandering in die onderwyssektor beleef. Hy het ook ‘n draai in Namibiё gemaak, maar Suid-Afrika was maar altyd sy tuiste. Hy sal onthou word vir sy ysere dissipline, goeie klasbestuur, netheid en koorsang.  Die personeel, beheerliggaam, leerders en ouers wens vir Mnr de Vries alle sterkte toe met die nuwe uitdagings in sy lewe.

 FOTO: Mnr Johannes de Vries.