Pannekoek fondsinsameling
Pannekoek vir die koue weer!
Curro Kathu se graad 11 leerders het ‘n pannekoek fondsinsameling gehou op Saterdag, 29 Augustus 2020 by die Village Mall.
Hierdie fondse ingesamel gaan vir die graad 11 se matriekafskeid. Hulle het amper 900 pannekoeke verkoop.
Die leerders wil graag die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning.
FOTO: Terwyl die pannekoek gemaak word het die graad 11 leerders ook groot pret gehad.
















