Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Groeipyne kom ook voor as ‘n skool onverwags sy getalperke oorskry – soos nou by Postmasburg Hoërskool ondervind word nadat veel meer leerlinge ingeskryf het as wat ooit verwag is.

 

“Buitelug onderwys” is een van die eerstes in die skool se geskiedenis wat ook nou ondervind word om die probleem tydelik aan te spreek.

Dit is ‘n positiewe tendens, maar groot organisering en wysheid moet aan die dag gelê word om hierdie struikelblokke die hoof te bied.

‘n Klaskamer en te min banke, stoele en tafels is van die leemtes wat ondervind word. Baie belangrik is ook dat veral ‘n Engels onderwyser/es hierdie leemte moet vul aangesien die bestaande onderwysers se roosters vol is.

 

Taalonderwysers wat belang stel kan ‘n volledige CV na die skool stuur of die skool by die volgende kontakbesonderhede bereik:

kantoor@pmghs.co.za of skakel 053 313 0646.