Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Hoërskool Kathu bied jaarliks ‘n Top 10 Akademiese funksie aan.

Tydens hierdie funksie word die Top 10 akademiese presteerders in elke Graad vereer vir hul harde werk tydens die eerste ses maande van die jaar.

Die funksie dien ook as ‘n geleentheid om die ouers en SBL van die skool te bedank vir hul plaaslike ondersteuning en bydrae tot Hoërskool Kathu.

Die gasspreker tydens die funksie was Dr Piet Croucamp. Dr Croucamp is ‘n politieke ontleder en senior lektor aan die Noord-Wes Universiteit.

Die tema van vanjaar se Top 10 funksie was ‘Proudly Kathu High School’. Sanlam Kathu was die hoofborg van vanjaar se funksie.

Hoërskool Kathu is dankbaar vir al die instansies wat die skool op verskeie terreine ondersteun.