
Die 14de seisoen van Idols SA 2018, het verlede Sondagmiddag laat geëindig na ‘n naelbyt tyd wat Noord-Kaap, maar veral Postmasburgers,
met hul mededinger in die finaal, Thato Makape, wat entoesiasties ondersteun is.
Die wenner, was toe inderdaad, die 17-jarige Yanga Sobetwa van Delft in Kaapstad wat met meer as R1,5m in pryse weggestap het.
Thato Makape, pas 24jr, met ‘n welverdiende tweede plek, het ook vir hom deure oopgesing wat vir sy toekoms belangrik is.
Hy was die deelnemer wat die langste afstande as deelnemer moes aflê. Die algemene indruk is dat hy ‘n baie goeie verhoogpersoonlikheid het.
Baie geluk, Thato, ‘n tweede plek is ‘n groot prestasie – jy het ons op die kaart / map geplaas.
Thatyo Makape van Postmasburg – die naaswenner van IDOLS SA 2018.
















