Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Hiermee die verslag van die Wonderwerk brand 20 September 2018 tot 25 September 2018

Die brand ontstaan by Wonderwerk Grotte 9h30 Donderdag oggend – oorsaak is n oop vuur.

Wind waai uit n Suid weslike rigting en druk die brand na die Noorde.

Die terrein is bergagtig en is baie moeilik om die brand te beheer in die terrein.
Gedurende die dag, draai die wind en waai uit n Noordelike rigting .

Hierdie brand, brand nou dus terug al op die Kuruman Heuwels rigting Suid na Danielskuil.

Gedurrende die datums van 20 Sept en 24 Sept wissel die wind gedurende die nag en dag uit suidelike rigtings en noordelike rigtings.  Al 2 die kante (Wes en Oos)van die brand word daardeur beinvloed,  nasorgwerk word beinvloed agv die groot oppervlakte en onbegaanbare gebiede wat gedek moet word.

Ekstra bystand word verleen van Finch Myn, idwala myn. Jtgd Munisipaliteit stuur ektra voertuie uit. Hulp word verleen van 2 x brand vereenigings ( Mac Mac brandvereeniging,
Koopmansfontein brandvereeniging)
Groot hoeveel privaat maatskappye stuur watervoertuie uit, en leen hulp Waar kan.
Kuruman buurtwag help ook Met bystand.

Gedurende hierdie tyd is voertuie stukkend gery en mannekrag het moedeloos geraak na 4 dae en nagte se stryd.  ń. Brand wat ons nog baie lank sal onthou.

n  Totaal van 9 Plase is geraak tot op datum 23 September 2018

Die volgende plase is geraak.

Wonderwerk( Dawid Scholtz)
Hurley 1( Rakathusa)
Hurley 2 ( Markram)
Gryppoort (B.p en Kobus)
Derby ( Bernard de klerk )
Noupoort (Edmund Markram )
Crownhill ( Wynand du Toit ) 2 x Eienaars
111 (honderd en elf) Thomas Lubbe
Mount Carmel – Andries van Zyl
Klipfontein – Bernard de klerk

N totaal van +/- 20 000 ha brand af in 4 dae en nagte.

Die oggend van 25 September 2018 het daar weer n brand op die mees Suidelike punt ontstaan( wind waai sterk noord)

Hierdie brand het dan verder versprei in die Danieskuil gebied in. Weer is daar groot Spanne uitgestuur om die brand te help blus.

3 Plase is  op die 25 ste September geraak

Bonties Viljoen  se Plaas
Hardegat  – eienaars onbekend
Swartkoppies – eienaar onbekend

So by 20h00 verneem ek van n man wat opgeneem is in die hospitaal met brandwonde dus het ons 1 x voorval gedurende hierdie tyd gehad ( voorval is nie bevestig nie )

Groot hoeveelhede vee is voor die vlamme in krale gesit en tot my kennis was daar Geen veeverliese nie. Daar sal dus n groot te kort wees aan weiding.

Kommunikasie was baie goed en kanaal 6 en 14 ( die repeater) kanaal het uitstekend gewerk. Weereens n bewys dat alle Noodvoertuie van die repeater kanale gebruik moet maak.

Ek heg ook n kaart aan
( kaart sluit nie die brand can die 25 ste sept in nie)

Baie dankie aan almal se hulp.