Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

R31 Roete na Kimberley weer oopgestel

Die R31 is op 16 Februarie om 17:00 weer oopgestel – ‘n blye ervaring vir motoriste van Postmasburg en omliggende dorpe.

Groot ontwrigting ten opsigte van padvervoergoedere via Kimberley na Postmasburg en andersom was aan die orde van die dag met die beskadigde paaie,as gevolg van verspoeling weens die onlangse stormreën wat sedert middel Januarie 2021 geheers het.

Ook persone wat vir operasies en ondersoeke na Kimberley en Bloemfontein moes reis, was gestrand of verplig om met die grondpaaie oor Griekwastad en Campbell te ry en het eers op Douglas weer teerpad kon tref. Die alternatief was ‘n ver ompad oor Kuruman en Vryburg wat later ook sy eie pyne ontwikkel het weens die groot verkeer en ook vloedskade.

Die besef wat die doeltreffende rol wat Spoornet en sy verbindingslyne al die jare gespeel het – veral om groot trokverkeer van die paaie af te hou – het weer gestalte aangeneem. Die behoud van ons hoofpaaie wat so kwesbaar is met die groot en veral swaar trokvragte erts wat vervoer word, en ook ‘n veiligheidsrisiko is, regverdig denke in dié rigting. Ook om verkeer op paaie te verminder en meer bekostigbare reisalternatiewe vir die publiek moontlik te maak.

Dié ysterwiele se geklop en die nostalgiese treinfluite was bekend vir baie jare ….