Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Laerskool Kathu se toekomstige wetenskaplikes en ingenieurs het Vrydag, 31 Augustus 2018, aan die iMBEWU Streek Wetenskapuitstalling by Laerskool Postmasburg gaan deelneem.

Marvin Ponton, in Gr. 3, het aan die LEGO brugbou kompetisie deelgeneem. Die leerders moes ‘n brug bou met LEGO en DUPLO blokke. Die brug moes die gewig van ‘n baksteen kon dra. Marvin het hom baie goed van sy taak gekwyt en ‘n goud verwerf vir sy brug.

Keleen Ponton, Gr. 7, en Dirkie Marx, Gr. 6, het aan die Tegnologie afdeling deelgeneem met hulle nuwe uitvindsels. Keleen se “Kelton” het silwer gekry en Dirkie se “Buddy scrub” het brons gekry.

Laerskool Kathu is super trots op julle drie en hou julle met afwagting dop in die toekoms!

 

Foto: Marvin Ponton, in Gr. 3, het goud verwerf met sy LEGO brug.