Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

In ‘n kennisgewing vanaf Eskom gedateer 28 Augustus 2018, is die munisipale bestuurder van Tsantsabane plaaslike munisipaliteit, ________________________ in kennis gestel dat ‘n finale besluit omtrent die onderbreking van elektrisiteit na die plaaslike munisipaliteit effektief vanaf 18 September 2018 ingestel sal word.

Hierdie besluit is geneem aangesien daar nie by die ooreengekome afbetalingsbesluit gehou is nie. Die tydelike skedule van die onderbrekings is ook aangegee.

By navraag van DA-raadslid Mimi Swart, het die munisipale bestuurder die volgende skrywe verstrek :

“Tsantsabane municipality has taken notice of the public notification by Eskom intending to interrupt electricity services in the municipal jurisdiction area. The municipality notes the uncertainty and serious concern this creates among our residents, however ongoing engagements with Eskom are taking place, aiming at avoiding interruption. These engagements are accompanied by strict credit control processes and payments to Eskom. We will keep the public informed of the developments.”

Die bekommernis wat ontvang word is vanuit die dorp- en die stasiegebiede, aangesien nét die gebiede geraak word. Betalings vanuit dié gebiede word aan die munisipaliteit gemaak wat dan aan Eskom oorbetaal moet word. Betalings is klaarblyklik nie ten volle op datum gedoen nie.