Paul-Lynn Bock, het met ‘n 70% gemiddelde was vanjaar haar skool se beste presteerder.
Vir vir afgelope twee jaar was sy die toppresteerder met Guan du Plessis kort op haar hakke. Sue-Ann Afrikaner was die grootste verrassing met 81% in Verbruikerstudie.
Die skoolbeheerraad en die ouergemeenskap waardeer die graad 12 opvoeders se toewyding en ekstra myl wat hulle met die matrieks geloop het en die opofferings van departement Onderwys by ons skool. Die klas van 2019 word alle sterkte toegewens met hul toekomsplanne.
Uitslae is as volg: 46 Matrieks – 21 Vrystellings, 1-B simbool, 1-C simbool, 16-D simbole. 100% slaagsyfer in English FAL, Lewensoriёntering, Verbruikerstudie, Toerisme en Fisiese Wetenskappe.
Slaag persentasie in NSS-eksamen: 80,4%.
FOTO: Paul-Lynn Bok behaal 80 % in Lewensorientering.
FOTO: Guan du Plessis behaal 80% in English FAL.
FOTO: Sue-Ann Afrikaner behaal 81% in verbruikerstudie.
















